Gilian McKeith is glo die aanbiedster van ‘n TV reeks in Engeland wat bekend gestaan het as “You are what you eat”. Sy het ook ‘n boek met dieselfde titel geskryf. Twee of drie ander persone het ook boeke geskryf met dieselfde titels. Ek het nie een van hierdie boeke gelees of die TV reeks gesien nie. Ek is ook nie ‘n kenner oor die onderwerp van eet en dieet nie. Maar die “catch phrase” laat ‘n mens nogal regop sit: “You are what you eat” – dit, op sigself, behoort enige mens twee keer te laat dink voordat hy weer vark eet, of slakke of mopaniewurms! Wat McKeith gedoen het, was doodeenvoudig om ou en bekende slagspreuke soos “You are what you think” en “You are what you speak” en “You are what you read” te neem, en dit op kos van toepassing te maak.
Hoe dit ook al sy, Shaúl skryf in Rom 14 oor die onderwerp van kos en van eet en van eetgewoontes. Dit lyk asof hy in hierdie hoofstuk iets soortgelyks probeer sê as wat Gilian McKeith in haar TV reeks probeer sê het. Sy boodskap is egter nie soseer “You are what you eat” nie, maar liewer “You are HOW you eat”. Dit klink nou nie heeltemal so afgerond soos “You are what you eat” nie, maar dis meer in lyn met wat daar in Romeine 14 staan. Hóé jy eet en hóé jy oor kos voel, is geweldig belangrik, sê Shaúl in hierdie hoofstuk. Die gesindheid wat jy openbaar as jy sekere kossoorte eet en ander nie (omdat jy oortuig is dit is reg), maar jou medegelowige voel nie dieselfde nie en eet nie dieselfde nie.
Kom ons kyk byvoorbeeld na Romeine 14:3 “Hy wat eet, moet hom wat nie eet, nie verag nie; en hy wat nie eet, moet hom wat eet, nie oordeel nie, want Elohiem het hom aangeneem.” Dit klink verskriklik, maar dit lyk my dit is moontlik – selfs vandag nog – dat een gelowige ‘n ander kan verag en kan veroordeel, omdat daardie gelowige nie dieselfde standpunt oor kos het nie. Almal van ons weet dat kosse en diëte en gesond-eet een van die mees gesogte en nagevorsde en selfs omstrede temas van ons tyd is. Die wêreld gons alweer behoorlik oor kos, net soos in Shaúl se tyd. Op sigself is dit uiteraard ‘n goeie ding. Meeste mense is baie meer opgeskerp en ingelig oor hierdie dinge en neem groter verantwoordelikheid vir hulle eie en hulle gesinne se gesondheid.
Vir my is dit egter duidelik dat ons ons harte in hierdie hele proses sal moet ondersoek, net soos wat die gelowiges in Romeine dit destyds moes gedoen het. Met “ons” bedoel ek die van ons wat sterk oor kos voel, sowel as die wat nie sulke sterk sentimente hieroor het nie. As kos vir ons so oorheersend (of so ‘n bron van irritasie) in ons lewens raak dat dit ons denke totaal in beslag neem en ons krities en afsydig maak oor ander wat nie ons sentimente deel nie, dan moet ons terdeë kennis neem van wat Romeine 14 sê. Dat die een wat eet, tot eer van die Meester eet en Elohiem daarvoor dank, maar dat die een wat nie eet nie, dit ook tot eer van die Meester doen en Elohiem daarvoor dank (vers 6). En dat ons nie deur voedsel die een te gronde moet rig vir wie die Messias gesterf het nie (vers 15). En dat die koninkryk nie voedsel en drank is nie, maar geregtigheid en vrede en blydskap in die Afgesonderde Gees (vers 17). En dat ons nie ter wille van voedsel die werk van Elohiem moet afbreek nie (vers 20).
Ek wil ter wille van duidelikheid dadelik hier byvoeg: Shaúl praat nie in Romeine 14 oor die rein en onrein diersoorte waarvan Levitikus 11 en Deuteronomium 14 praat nie. Hy praat oor kos. Binne die Hebreeuse verstaan is onrein diere nie kos nie en dit word nooit so genoem nie. Dit is ‘n gruwel in Yahweh se oë as sy volgelinge willens en wetens die dinge eet wat Hy deur sy dienaars en sy profete as onrein verklaar het. Niemand wat ‘n volgeling van Y’shua in die tyd van die Nuwe Verbond geword het, het dit ooit bevraagteken nie. Geeneen van die gemeentes het hieroor gewonder nie, want die Skrif wat hulle as wáár en gesaghebbend beskou het, het reeds hieroor ‘n duidelike uitspraak gemaak.
Daar was egter ander kwessies wat oor kos gegaan het, wat nie so maklik was om te hanteer nie. Soos die vraag of gelowiges die vleis kon eet wat in slaghuise verkoop is. Wat se soort vleis was dit? Heel moontlik skaapvleis, beesvleis en wildsvleis. Nou hoekom het hulle dan daaroor gewonder? Omdat die slaghuise heidense eienaars gehad het, wat die gebruik gehad het om die vleis in hulle slaghuise op een of ander manier (vooraf) aan hulle afgode toe te wy.
Nou’s die vraag: Mag gelowiges wat aan Yahweh getrou wil bly en niks met afgodediens te make wil hê nie, van daardie vleis koop en dit eet? Shaúl sê jy kan dit koop en dit eet en jy hoef nie eens navraag te doen nie, want ons weet dat wat ook al oor daardie vleis gebid of gesweer of geprewel is, niks aan die vleis self verander het nie. Die sogenaamde magtiges aan wie hierdie vleis moontlik gewy of geoffer is (alhoewel “offer” normaalweg sou beteken dat daardie vleis aan die magtige “gegee” is en dus nie in die slaghuis verkoop kon word nie), is net “magtiges” in die oë van die heidene. Die gelowige weet egter dat Yahweh die enigste ware Elohiem is en dat die aarde en die volheid daarvan, aan Hom behoort en dat ons alles kan eet wat met danksegging uit die hand van Yahweh ontvang is. Shaúl skryf êrens ook aan Timoteus dat dit wat ons eet “word afgesonder deur die Woord van Elohiem en deur gebed” – as die Woord dit goedkeur (en nie as onrein verklaar nie!) en ons kan waarlik vir Yahweh dankie sê daarvoor, is daar geen rede waarom ons dit nie kan eet nie.
Ons weet dat Romeine 14 ook oor die situasie van vleis wat aan afgode geoffer is, praat (al word dit nie so duidelik in hierdie hoofstuk uitgestippel nie). Kyk byvoorbeeld na ‘n vergelyking tussen hierdie twee verse:
Rom 14:15 Maar as jou broer deur voedsel gegrief word, dan wandel jy nie meer volgens die liefde nie. Moenie deur jou voedsel hom te gronde rig vir wie die Messias gesterf het nie.
1Co 8:13 Daarom, as voedsel my broer laat struikel, sal ek in der ewigheid geen vleis eet nie, om my broer nie te laat struikel nie. (In 1 Korintiërs 8 word dit uitdruklik uitgestippel dat dit hier gaan oor vleis wat aan afgode geoffer is).
Dus: Daar is nie wesenlik iets mee verkeerd om vleis te eet wat moontlik vooraf aan afgode geoffer is nie. Ek meen dat ‘n mens die Halaal kosse wat die rakke van ons moderne supermarkte oorgeneem het, in dieselfde lig kan beskou. Maar daar is ‘n duidelike bykomende beginsel: Jy mag nie jou broer of jou suster (of selfs jou potensiële broer of suster) laat struikel deur wat jy eet en wat jy nie eet nie. Neem hom in ag, neem haar in ag. Per slot van rekening, kos is nie so belangrik en so sentraal dat ‘n mens die risiko moet loop om jou medegelowige daardeur te verstoot of te vervreem nie.
Wat van die verwysing na “swakkes” en “sterkes”? Wat word daarmee bedoel? Shaúl bedoel eenvoudig dat sommige gelowiges wat nog jonk en onervare in die geloof is, nog nie op ‘n punt in hulle geloof is waar hulle weet wanneer is iets teen die Woord en wanneer is dit nie teen Woord nie. Of wanneer is iets afgodediens en wanneer is dit nie afgodediens nie. Daarom eet hulle liewer geen vleis nie, uit vrees dat hulle dalk een van die gebooie mag oortree. Shaúl noem hulle die “swakkes”. Dis nie ‘n term wat hulle waarde of hulle moraliteit of kwaliteit van geloof beoordeel nie. Dis ook nie ‘n term wat te kenne gee dat as jy die Skriftuurlike beginsel van rein en onrein diersoorte (of enige ander gebod of verbod) in ag neem, jy swak is in die geloof nie. Hoe kan dit wees? Dan moes Y’shua en Kefa en Shaúl en al die apostels en meeste van die vroeë gelowiges “swakkes” in die geloof gewees het en “swakkes” gebly het, want hulle het almal volgehou om die Woord en die Torah ernstig op te neem en dit regdeur hulle lewens toe te pas.
Kom ons neem die woord (en veral die vermaninge) van Romeine 14 ernstig op. Kom ons neem mekaar werklik aan in die geloof. Kom ons reik ons hande en ons harte uit na mekaar. Niemand van ons leef immers vir onsself nie – in die lig van die Messias se gesindheid, mag ons nie vir onsself leef nie. Kom ons neem mekaar se individualiteit in ag en hou vandag op met enige vorm van kritiek wat ons moontlik in ons eie hart oor iemand mag hê – veral op die terrein van kos. En laat ons met hernude ywer (as een liggaam) dit najaag wat tot vrede en onderlinge stigting dien.
Tags: food, halaal, kos, meat
Hallo John
Baie bly ek het op hierdie blog afgekom…nou kan ek meer klarigheid kry oor baie dinge..
Skuus ek het in Engels begin skryf, ter wille van Engelse lesers en nou weer in Afrikaans.
Jy noem in hierdie blog onderwerp dat ons mense se inividualiteit in ag moet neem..verwys jy na die Messiane of na Christene ook?
Ek praat gereeld met ‘n Christen vriend van my..wat ek nie beweeg kan kry oor die name of oor die Sabat nie..laat staan nog kos. Ons mag nie kritiek lewer nie, jy’s reg, maar ek sou graag wou kon wys op regte interpretasie oor kos in die Skrifte.
Skuus die volgende eht in Engels uitgekom:
Food…a topic close to my heart…especially the right kind of food.
Where I live (the East) I often hear from colleagues and locals..why no pig? Why so little rice?
Even though trying to eat clean here with so many hidden pork and seafood, I have found that I had challenges with energy and aches and pains in my body.
Now I follow a diet as close as possible to those of Daniel…and I’m full or energy and the aches has disappeared.
I believe, as a believer, to also clean your system from foods which was not there in the Bible’s time…that would include clean animals who eat food that is full of poisons and hormones. It’s not always possible but advisable…and of course not all struggle to keep their energy and stay healthy and productive like I do.
There are many verses about food I would need to get some clarity on..I am wondering where the Christian believe comes from to eat everything. Any verses any could think of and why it is distorted?
then clarity on this verse:
Actually the whole of Ibrim 13 but especially these:
VERSE 9: for it is good for the heart to be established by favour, not with foods which have not profited those who have been occupied with them.
VERSE 13 let us go to Him outside the camp, bearing His reproach.
VERSE 16 And do not forget to do good and to share, for with such slaughter offerings Elohim is well pleased.
My question on verse 16…why don’t we do slaughter offerings any more?
thanks again for this blog
Mari (or Mari-yah)
Mari, it is good to hear from you from South Korea. Trust that you are doing well in every respect. People used to the more “Western” customs of matters concerning food, who have also visited South Korea, will understand perfectly well what you mean by “challenges” in this regard. For someone who is serious about the Scriptural guidelines with regards to food, I can just imagine, the challenges must be even more difficult. I hope that others will take part in this discussion, as I do not regard myself as an expert in this particular area. Maybe just a small comment, at this stage, on your question about Ivrim (Hebrews) 13:16. It seems to me that the words “slaughter offerings” in the translation of The Scriptures, are not quite correct and that the idea is quite the opposite: Although previously in the book of Ivrim the subject of “slaughter offerings” (that is: animals being slaughtered) have been touched on regularly, in this particular verse the writer of Ivrim does not seem to have in mind “slaughter offerings” but rather a spiritual kind of offering, consisting of doing good and sharing with others. In the previous verse (v.15) he spoke about another (spiritual) type of offering, which was praising Yahweh with one’s lips. Both in verses 15 and 16, I would say, the translation should have been “offering” and not “slaughter offering”.
Y’Shua is the Lamb that was offered for our sins. To go back to slaughter offering would be to deny the completeness of Y’Shua’s offering.