Die Twee Verbonde Van Almagtige YaHWeH.
Psa_89:34 (35) Ek sal my verbond nie ontwy nie, en wat oor my lippe gegaan het, sal Ek nie verander nie.
Ons het n on veranderlike, Almagtige, Barmhartige en Goedertierende Elohiem wat Sy verlossing (Yahshua) van die begin af ingesluit het in Sy Volmaakte Verlossingsplan van die hele wereld. Die vyand probeer sy bes om die verlossingsplan te fnuik deur die leun te verkondig waarin almal glo. Soek en jy sal vind se die Woord en in baie sulke gevalle waar gesoek word kan die Waarheid in die Getuienis van Yahshua oor die Woord aan die hand van die Woord as verkeerd of reg verklaar word soos in die onderstaande vraagstuk waarmee alle mense op aarde sukkel.
Die Ewige Verbond van Almagtige Yahweh Met Sy Volk Israel
Exo 19:5 As julle dan nou terdeë na my stem luister en my verbond hou, sal julle my eiendom uit al die volke wees, want die hele aarde is myne.
Exo 19:6 En julle sal vir My 'n koninkryk van priesters en 'n afgesonderde nasie wees. Dit is die woorde wat jy aan die kinders van Yisrael moet meedeel.
Jdg 2:1 Toe trek die Boodskapper van Yahweh van Ghielghal op na Bogiem en sê: Ek het julle uit Mietsrayiem laat optrek en julle gebring in die land wat Ek julle vaders met 'n eed beloof het, en gesê: Ek sal my verbond met julle in ewigheid nie verbreek nie;
Geen detail nie, julle doen wat Ek se en julle sal My Volk wees!
Dit klink fantasties en dit is n seen om te mag deel wees van so n Koningkryk! HaleluYAH!
Die Ewige Nuwe Verbond (Voortsetting van die Ewige Ewige Verbond)
Jer 31:31 Kyk, daar kom dae, sê Yahweh, dat Ek met die huis van Yiesraél en die huis van Yehudah 'n nuwe verbond sal sluit;
Jer 31:32 nie soos die verbond wat Ek met hulle vaders gesluit het op daardie dag toe Ek hulle hand gegryp het om hulle uit Mietsrayiem uit te lei nie - my verbond wat hulle verbreek het, alhoewel Ek gebieder oor hulle was, sê Yahweh.
Jer 31:33 Maar dit is die verbond wat Ek na daardie dae met die huis van Yiesraél sal sluit, sê Yahweh: Ek gee my Torah in hulle binneste en skryf dit op hulle hart; en Ek sal vir hulle 'n Elohiem wees, en hulle sal vir My 'n volk wees.
Jer 31:34 En hulle sal nie meer elkeen sy naaste en elkeen sy broer leer nie en sê: Ken Yahweh; want hulle sal My almal ken, klein en groot onder hulle, sê Yahweh; want Ek sal hulle ongeregtigheid vergewe en aan hulle sonde nie meer dink nie.
Voordat die Verbond van die almagtige Vader tot stand sal kom moet die Stam van Yehuda en Israel eers weer een word en ons kan verwag dat dit na die tyd sal gebeur soos beskryf word in Jeremia:
Jer 50:4 In daardie dae en in daardie tyd, sê Yahweh, sal die kinders van Yiesraél kom, hulle met die kinders van Yehudah saam; onder geween sal hulle voorttrek en Yahweh hulle Elohiem soek.
Die totstandkoming van die nuwe verbond is dus na “Daardie dae en daardie tyd” wat verwys na die einde van tyd en die Dag van Almagtige YaHWeH.
Abba het op verskeie plekke in die Woord lank voor die tyd die Nuwe Verbond verkondig deur Sy Profete. Dit is die werkswyse van Ons Vader soos geopenbaar deur o.a Sy Profeet Amos:
Amo 3:7 Want die Meester Yahweh doen niks tensy Hy sy raadsbesluit aan sy knegte, die profete, geopenbaar het nie.
Die Ewige Verbond Vermeng Met die “Nuwe Verbond”
As ons met E-Sword gaan soek na die woorde “nuwe verbond” in die Woord en Profete kry ons die volgende. Al vers wat daar gevind word wat praat van n nuwe verbond is Jer. 31:31 wat praat van die nuwe verbond in die Hiernamaals.
Gaan soek ons vir “nuwe verbond” in die regter kant (Nuwe testament) van Die Skrif dan kom dit sewe keer voor en slegs een vers verwys na die Nuwe Verbond van die Milenium.
Nerens in die Woord en profete het die Profete melding gemaak van n nuwe verbond wat die eerste verbond sal vervang nie maar wel van n verbond waar die Torah op ons harte en in ons verstand geskryf sal word in die hiernamals. Weer verwys ek na die woorde van Amos wat die werkwyse van Almagtige YaHWeH so beskryf soos sit aan hom deur Almagtige Yahweh geopenbaar is:
Amo 3:7 Want die Meester Yahweh doen niks tensy Hy sy raadsbesluit aan sy knegte, die profete, geopenbaar het nie.
Isa 42:9 Kyk, die vorige dinge het gekom, en nuwe dinge verkondig Ek; voordat hulle uitspruit, laat Ek julle dit hoor.
Hier se Abba duidelik dat Hy nuwe dinge verkondig voordat hulle uitspruit. Die koms van Sy Yahshua is lank voorspel. Die koms van n "nuwe Verbond" met Sy Verlossing word egter nie gemeld nie!
Nerens word daar in die Profete gepraat van so n tussentydse “Nuwe of hernude verbond nie! Soos ons kan sien daar is slegs Jer. 31:31 waar van die nuwe verbond in die Milenium gepraat word. Daar word slegs gepraat van die Ewige Verbond wat op ons Harte en Verstande geskryf sal staan sodat ons almal dit sal hou en uitvoer en dit is nie die staat waarin ons nou lewe nie!
Maar nou ontstaan die vraag, waar kom die wereld aan die “nuwe verbond” wat dan nou die Ewige Verbond vervang het?
Die Grootste Misleiding.
Met die oorskryf van die boeke van die Bybel was dit eers enigeen wat kon skryf se werk voordat die “scribes” dit gedoen het. My opinie is dat toe dit alles aan die lig kom wat gebeur het met Yahshua se dood en Sy optanding uit die dood het was dit n algemene gevoel geword dat dit die begin van die nuwe verbond was en daarom is die teks op n lomp manier verdraai om dit verkeerdelik aan te dui deur herskrywers en “scribes” (Die werk van die vyand?) Ander verse was maklik om te verdraai want jy voeg net n “nuwe” in voor verbond.
Met die vertaling van die Bybel kyk hulle na brokstukke van nuutgevonde teks en volg die algemene patroon van alle vorige en nuutgevonde teks. Daarom se ek dat dit algemeen aanvaar is dat dit die nuwe verbond was. Maar dit is nie, die Torah word nogsteeds oortree en is nie op ons harte en in ons verstand neergeskryf nie. Ons lewe nogsteeds na die vlees en leer oor die Torah. Dus is ons nogsteeds onder die Ewige verbond “vasgevang” in sonde deur ons menslike vlees. Maar Almagtige YaHWeh het sy verlossing, (Yeshua) gestuur om ons Yahshua (verlossing van YaHWeH) te wees!
Kom ons laat dit daar en kyk eers na Hebreers 8 wat die kragtigste getuienis van die “Nuwe Verbond” is. Die volgende twee verse praat van Yahshua as die middelaar en ja dit is doodreg, Hy is die Hoe Priester, Middelaar en toekomstige Koning maar dit verander niks aan die ewige Verbond wat Abba met Sy Volk gesluit het nie!
Die volgende twee verse is die enigste twee wat praat van n ‘Nuwe Verbond” gekoppel aan Yahshua se eerste koms. Daar is egter nie n beter verbond nie, Yahshua het in effek die eerste Verbond nog moeiliker gemaak deurdat Hy gese het dat as jy net die gedagtes in jou kop het, het jy al klaar die Torah oortree.
Heb 8:6 Maar nou het Hy 'n voortrefliker bediening ontvang vir sover Hy ook Middelaar is van 'n beter verbond wat op beter beloftes wettelik gegrond is.
Heb 8:7 Want as daardie eerste een onberispelik was, sou daar nie plek vir 'n tweede gesoek word nie.
Die twee verse lyk sommer uit plek uit in konteks met die beskrywing van die Nuwe Verbond wat op ons Harte en verstand geskryf sal word. Die antwoord op vers 6 en 7 moet ons verder gaan ondersoek in die Wet en Profete. Enige onduidelikheid oor die Getuienis van Yahshua kan jy altyd die waarheid voor gaan soek in die Wet en Profete. Daarom soek ons getuienis in die Wet en Profete wat vir ons kan uitwys of Heb 8:6 en 7 die waarheid of n leun is. Die twee verse se duidelik dat die Ewige Verbond nie volmaak was nie.
Daar is te veel getuienis dat die Torah ewig is, volmaak is, bepeins moet word, waarheid is en dat die Torah die teendeel van die leun is. Hier is agt verse in die Torah en Profete waaraan ons Heb. 8:6,7 kan ondersoek. Volgens Die Torah het ons twee getuies nodig om n saak te besleg!
Deu_29:29 Die verborge dinge is vir Yahweh onse Elohiem; maar die geopenbaarde dinge is vir ons en ons kinders tot in ewigheid, om te doen al die woorde van hierdie Torah.
Jos_1:8 Hierdie boekrol van die Torah mag nie uit jou mond wyk nie; maar bepeins dit dag en nag, sodat jy nougeset kan handel ooreenkomstig alles wat daarin geskryf staan; want dan sal jy in jou weë voorspoedig wees, en dan sal jy met goeie gevolg handel.
Psa_19:7 (8) Die Torah van Yahweh is volmaak: dit verkwik die siel; die getuienis van Yahweh is gewis: dit gee wysheid aan die eenvoudige.
Psa_119:44 Dan wil ek u Torah voortdurend onderhou, vir ewig en altyd,
Psa_119:142 U geregtigheid is geregtigheid tot in ewigheid, en u Torah is waarheid.
Pro_7:2 onderhou my gebooie, dan sal jy lewe, en my Torah soos jou oogappel;
Pro_28:9 Wie sy oor wegdraai om nie na die Torah te luister nie, selfs sy gebed is 'n gruwel.
Psa_119:29 Verwyder van my die weg van leuens, en verleen my goedgunstiglik u Torah.
Uit die positiewe getuies van die Torah is dit dus duidelik dat die Torah die volmaakte Waarheid vir ewig is.Twee getuies is genoeg en ons stop hier met 8 verse as getuienis wat Heb 8:6 en 7 as n ingevoegde onwaarheid bewys. Ek beroep my op: Psa_119:29 Verwyder van my die weg van leuens, en verleen my goedgunstiglik u Torah.
Hiervandaan gaan alles verder oor die werklike Nuwe Verbond van die hiernamaals. Daardie twee verse het op n baie verdagte manier in die Woord gekom as ons kyk na die konteks van die verse daarna.
Heb 8:8 Want Hy berispe hulle en sê: Kyk, daar kom dae, sê Yahweh, dat Ek met die huis van Yiesraél en die huis van Yehudah 'n nuwe verbond tot stand sal bring,
Heb 8:9 nie volgens die verbond wat Ek met hulle vaders gemaak het op die dag toe Ek hulle aan die hand geneem het om hulle uit Mietsrayiem uit te lei nie; want hulle het nie gebly by my verbond nie, en Ek het hulle veronagsaam, sê Yahweh.
Heb 8:10 Want dit is die verbond wat Ek na daardie dae sal sluit met die huis van Yiesraél, sê Yahweh: Ek sal my wette in hulle verstand gee en dit op hulle hart skryf; en Ek sal vir hulle 'n Elohiem wees, en hulle sal vir My 'n volk wees.
Heb 8:11 En hulle sal nie meer elkeen sy mede-landgenoot en elkeen sy broer leer en sê: Ken Yahweh nie; want almal sal My ken, klein en groot onder hulle.
Heb 8:12 Want Ek sal barmhartig wees oor hulle ongeregtigheid en aan hulle sondes en hulle oortredinge nooit meer dink nie.
Pragtig an duidelik, dit is die nuwe verbond wat Almagtige YaHWeH na daardie dae, na daardie dae sinspeel op die voleinding van die huidige wereld en dus kan ons aanvaar dat die nuwe verbond na die Dag van YaHWeH se Wraak tot stand sal kom. Moontlik in die Milenium maar definitief na die Groot Wit Troon Oordeel. Wanneer kan ons nie se nie, dit is deel van Sy ewige Raadsplan.
En dan kom ons weer uit by n doring in die vlees wat weereens nie betrekking het op Die Ewige Verbond van Abba Yahweh nie:
Heb 8:13 As Hy sê 'n nuwe verbond, het Hy die eerste oud gemaak; en wat oud word en verouder, is naby die verdwyning.
Heb 8:13 staan ook uit as n leun want Die Volmaakte Torah sal nooit verdwyn nie. Heb 8:13 lyk asof dit ingevoeg is om die leun van die “Nuwe Verbond” voor die Milenium te versterk en te verseker dat die Torah geminag word, soos dit wel deur omtrent almal gedoen word. In werklikheid word die Torah met die Nuwe Verbond in ons verstande en op ons hart geskryf en het jy nie meer n keuse of jy dit wil aanvaar of nie maar sal jy daarvolgens lewe! Heb. 8:13 val ook in dieselfde klas as Heb 8:6,7 en as ons dieselfde getuienisse roep betreffende die Torah, dan word Heb 8:13 ook verklaar as n leun.(Psa_89:34 (35) Ek sal my verbond nie ontwy nie, en wat oor my lippe gegaan het, sal Ek nie verander nie.)
Wat dan van die volgende verse wat in die Getuienis van Yahshua oor Die Woord van Almagtige YaHWeh voorkom:
Luk 22:20 Net so neem Hy ook die beker na die maaltyd en sê: Hierdie beker is die nuwe verbond in my bloed wat vir julle uitgestort word.
1Co 11:25 Net so ook die beker na die ete, met die woorde: Hierdie beker is die nuwe verbond in my bloed; doen dit, so dikwels as julle daaruit drink, as herinnering aan My.
2Co 3:6 wat ons ook bekwaam gemaak het as dienaars van 'n nuwe verbond, nie van die letter nie, maar van die gees; want die letter maak dood, maar die gees maak lewend.
Heb 9:15 En daarom is Hy Middelaar van 'n nuwe verbond, sodat, terwyl daar 'n dood plaasgevind het vir die verlossing van die oortredinge onder die eerste verbond, die wat geroepe is, die belofte van die ewige erfenis kan ontvang.
Heb 12:24 en by Y'shua, die Middelaar van die nuwe verbond, en die bloed van die besprenkeling wat van beter dinge praat as Hevel.
Voordat ons die verse wat honderd persent korrek is behalwe vir die woord ‘nuwe” kan ontleed is dit eers nodig om te verstaan hoekom Abba YaHWeH vir Yahshua gestuur het. Ons kan dus vra
Nou waar pas Yahshua dan in as hy nie die Middelaar van die “Nuwe Verbond” (soos almal die leun glo) is nie?
Die Boodskapper Van YaHWeH
In Exodus stuur Abba YaHWeH dan Sy Boodskapper voor die Israeliete uit om hulle pad gelyk te maak. N liefdevolle daad en belofte waaraan Verbondskinders selfs vandag kan vashou. Dit hang net af van wie in beheer van jou lewe is. Loop jy Die pad soos jy (vleeslike mens) wil of loop onder leiding van die Gees, volgens elke Woord wat uit Sy mond uitkom (Die Torah).
As jy wandel in Die Gees dan loop die Boodskapper voor jou om jou pad gelyk te maak. Dus, Almagtige YaHWeH het Sy Boodskapper voor jou ook uitgestuur om jou pad gelyk te maak gehoorsame Verbondskind.
Exo 23:20 Kyk, Ek stuur 'n Boodskapper voor jou uit om jou op die pad te bewaar en om jou na die plek te bring wat Ek gereedgemaak het.
Exo 23:21 Bewaar jouself vir Hom en luister na sy stem; wees nie rebels teen Hom nie; want Hy sal julle oortreding nie vergewe nie, want my Naam is in Hom.
Exo 23:22 Maar as jy terdeë na sy stem luister en alles doen wat Ek sal sê, sal Ek die vyand van jou vyande en die teëstander van jou teëstanders wees.
Let op wat word gese: “terdeë na sy stem luister en alles doen wat Ek sal sê” Die stelling van Abba YaHWeH word beaam deur Yahshua:
Joh 8:28 En Y'shua sê vir hulle: Wanneer julle die Seun van die mens verhoog het, dan sal julle weet dat dit Ek is; en uit Myself doen Ek niks nie; maar net wat my Vader My geleer het, dit praat Ek.
Hy, Yahshua praat net wat Sy Vader hom geleer het.
Ook in Isaia se Almagtige YaHWeH aan Sy Boodskapper dat Hy Hom gee as n Verbond van die volk Israel en n Lig vir die Nasies.
Isa 42:6 Ek, Yahweh, het U geroep in geregtigheid, en Ek vat u hand en behoed U en gee U as 'n verbond van die volk, as 'n lig van die nasies, (Die Boodskapper van die verbond)
Let daarop Hy word gegee as n Verbond van die Volk, nie n “nuwe” verbond nie. Op grond hiervan kan ons dus aanvaar dat “nuwe” soos dit voorkom in die volgende verse slegs bygevoeg is om die leun te versterk. (Luk22:20, 1Cor 11:25, 2 Cor 3:6, Heb 9:15, Heb12:34)
Die boodskap word voortgesit in Isa 49:8 soos hier geskryf staan:
Isa_49:8 So sê Yahweh: In die tyd van die welbehae het Ek U verhoor, en in die dag van verlossing het Ek U gehelp; en Ek behoed U en gee U as 'n verbond van die volk, om die land weer op te rig, om verwoeste erfenisse te laat beërwe;
En so ook in Psalm 98!
Psa 98:2 Yahweh het sy verlossing (Yahshua) bekend gemaak, sy geregtigheid voor die oë van die nasies geopenbaar.
In die twee verse in Isaia praat Abba met Yahshua oor die verlossing wat Hy aan Sy Volk skenk om die Land weer op te rig en om verwoeste hoop weer nuut te maak deur verlossing van Sonde in die ou verbond sodat daar weer hoop is vir Israel ten spyte van hulle groot sonde! Dit word verder beaam in Handelinge.
Act 13:38 Laat dit dan aan julle bekend wees, broers, dat deur Hom vergifnis van sondes aan julle verkondig word,
Act 13:39 en dat elkeen wat glo, deur Hom geregverdig word van alles waarvan julle deur die Torah van Mosheh nie geregverdig kon word nie.
Almagtige Barmhartige YaHWeH gee Sy Seun, Die Boodskapper van die Verbond as n verbond aan die Volk om deur hulle doodgemaak te word sodat hulle opgestapelde sondes vergewe kan word en as n lig van verlossing vir alle Nasies.
Dit klink nie soos n plaasvervangende verbond wat die Eerste Verbond vervang nie maar die Almagtige Goedertierende Liefde van n Barmhartige, Liefdevolle Elohiem om Sy Verlossing volmaak te maak soos gemeld van die begin af!. HaleluYAH!
Rom 10:4 Want die Messias is die einde van die Torah tot geregtigheid vir elkeen wat glo.
Almagtige YaHWeH gee die Boodskapper van die verbond (Die Lewende Torah) dus as n eensydige Bloedverbond aan die Volk Israel en ook as n Lig (Yahshua is die Lig, Die Waarheid, Die Lewe) aan al die nasies. Yahshua is die wandelende Torah!
Hy is gestuur as n Verbond maar nie die Nuwe Verbond nie. Deur Hom vervolmaak Abba YaHWeH die Eerste Verbond.
Al die Nasies sal in die Milenium deel van die Nuwe Verbond wees en Almagtige YaHWeH aanbid:
Rev 15:4 Wie sal U nie vrees nie, Yahweh, en u Naam nie lof toebring nie? Want U alleen is afgesonder; want al die nasies sal kom en voor U aanbid, omdat u regverdige dade openbaar geword het.
Dit is Profesiee oor die Verlossing (Yeshua) van YaHWeH (Yahshua) verkondig deur die profete, so het dit ook alreeds gebeur. Dit is n eensydige verbond deur Almagtige YaHWeH om die sonde van die eerste verbond deur die kosbare bloed van Yahshua af te was van Israel en ook van al die Nasies.
Samevatting.
Duidelik is daar 2 verbonde met dieseffde Wet (Torah). Die eerste het Israel verbreek en ons verbreek dit elke dag! Met die Nuwe Verbond sal jy die Wet onderhou, jy gaan geen keuse he nie.
Huidiglik is ons onder die eerste Verbond en mag geen jota of tittel daarvan uitlaat of byvoeg nie. Ons sondige menslike natuur dryf ons tot sonde maar deur die Bloed van Yahshua maak Almagtige YaHWeH vergewing van sondes onder die Wet moontlik vir alle Geesvervulde, Torah aanhangers wat in Yahshua bly.
Joh 15:4 Bly in My, soos Ek in julle. Net soos die loot geen vrug kan dra van homself as dit nie in die wynstok bly nie, so julle ook nie as julle in My nie bly nie.
Die leun van die huidige “nuwe verbond” word versterk deur die Romeine se “Nuwe Testament” wat n produk van die “Councill of Nicea” is en veroorsaak dat meeste mense die leun glo.
Die Woord van YaHWeH en die Getuienis oor die Woord deur Yahshua Ha’Mashiac en Sy Apostels is een Boek. Dit is finaal verdeel en geskei deur die Romeine met die Council van Nicea om die vals idee van die nuwe verbond te versterk.
Daat is geen nuwe verbond huidiglik van krag nie maar Almagtige YaHWeH het Sy Verlossing, Yahshua gestuur om vir die sondes van Israel te betaal met Sy Bloed as vergifnis van sondes onder die Torah. Terselfdertyd is hy ook n lig vir die nasies om hulle te lei na die Koningkryk en om ingelyf te word op die Olyfboom van Israel