Vierde Gebod

MS, Western Cape

Ek wil graag jou opinie hë oor iets waarmee ek stoei. Ek skilder as ek ‘n tydjie het en het die geleentheid om op dorpe na aan my uit te stal. Ek het dit egter nog nie gedoen nie, want die plekke is op Shabbat en Feeste oop en die kans is dus daar dat my sake op die Shabbat gedoen word. Die mense koop nie nie werk aan nie – hulle neem ‘n kommissie. Ek weet party vertaling sê “not to cause another to work”. Ek sal graag wil weet hoe mens die Hebreeuse teks verstaan.

KOMMENTAAR

Dis nie ‘n maklike een nie! My verstaan sou wees dat jy nie jou werk (skilder) op die Shabbat gedoen het nie en eintlik gedwing word om nou gebruik te maak van ‘n plek wat onder meer ook op die Shabbat oop is (by gebrek aan plekke wat op Shabbat toemaak en byvoorbeeld Sondae oop is). Die tekste (soos Ex 20:10) wat sê dat jy nie ‘n ander persoon op die Shabbat mag laat werk nie, het te make met mense wat onder jou beheer of toesig of deel van jou huishouding is. Ons het per slot van rekening geen seggenskap oor wanneer ‘n nie-gelowige (buitestaander) sy of haar besigheid doen nie en kan ons ook nie van almal onttrek wat nie glo soos ons glo nie. Hoop dit help ‘n bietjie.