Uitspraak van die Naam

MD, Riversdale

In “the Word of Yah” word die name as Yahuwah en Yahuw uitgespreek. Ons het goeie rede om te glo dat die name IEUE en IEUESHUO kan wees. Google hierdie name en laat weet wat jy dink.

KOMMENTAAR:

My probleem met “The Word of Yah – The King’s Covenant” is nie die Naam wat hulle verkies om vir die Vader te gebruik nie – daar is nou maar een maal verskil van mening oor hoe die Vader se Naam uitgespreek behoort te word en ek kan niks daaraan verander nie – dit gaan vir my oor die aanspraak dat hier ‘n vertaling is wat op die “Original Scriptures” gebaseer is, terwyl dit in werklikheid wemel van die skrywers se eie idees en op talle plekke van die oorspronklike Griekse teks afwyk. En natuurlik die feit dat baie gelowiges hierdie vertaling met ope arms verwelkom en die “doctrines” daarin vir soetkoek opeet.

Oor die uitspraak van die Naam en ander gegewens wat op Yehspace na vore kom, ek kan sommige daarvan embrace (bv. die ontmaskering van die leuen van die Drie-eenheid), maar stem nie saam met al die konklusies wat hulle maak nie en deel nie dieselfde oortuiging wat die uitspraak van die Naam van die Vader betref nie. Het al meer as een keer na die argumente gekyk – dis vir my te vaag en nie altyd moontlik om te verifieer nie. Op die oomblik is daar te veel ander belangrike aspekte wat my aandag eis en daar is beslis vir my geen dwingende rede om van een uitspraak van die Naam (wat taamlik universeel aanvaar word) na net nog een van talle ander uitsprake te verander nie.

Ek glo julle sal dit verstaan …