SEWE REDES WAAROM ONS DIE RUSDAG OP DIE SEWENDE DAG HOU 

1.         Omdat Yahweh die sewende dag van die week reeds by die skepping (d.w.s. lank voor die "geboorte" van die volk Israel) uitgesonder het en dit as 'n rusdag geseŽn en geheilig het - vgl. Gen 2:2,3.  Daar is geen twyfel nie dat die Sabbat van die begin af op die dag van die week geval het wat ons vandag as "Saterdag" ken.  In die Skrif lees ons gereeld van uitsprake en gebeure wat bevestig dat die Vader self seker gemaak het dat mense nie tred verloor oor watter dag nou eintlik die Sabbat is nie - vgl. Eks 16:22-30; Neh 13:19-22; Jes 56:3-7; Jer 17:19-23.  Hierdie dag word in die tyd van die Nuwe Testament nog steeds eerbiedig en in Luk 4:16 lees ons dat Y'shua (Jesus) op die Sabbat na die sinagoge toe gegaan het, soos dit sy gewoonte was.  Tot vandag toe word die Sabbat deur die Jode (en 'n groterwordende getal Messiaanse gelowiges) nog steeds op dieselfde dag gehou as deur al die geslagte heen.

2.         Omdat daar geen rede is waarom ons nege van die tien gebooie sal hou en slegs een (die vierde gebod) sal uitlaat (of verander) nie.  Dit is 'n skreiende onreg om gebooie soos "jy mag nie ander gode dien nie" en "jy mag nie egbreuk pleeg nie" aan gelowiges voor te hou as gebooie wat nagekom behoort te word (uit dankbaarheid vir ons verlossing), maar in dieselfde asem te sÍ dis wetties om die vierde gebod na te kom.  Om "wetties" ("legalistic") te wees beteken om op die wet staat te maak vir jou verlossing en volgens die Skrif is dit 'n ernstige dwaling.  Om die Sabbatsgebod te gehoorsaam met dieselfde gesindheid waarmee ons elke ander opdrag van ons hemelse Vader gehoorsaam, naamlik met 'n gesindheid van eerbied en uit liefde en uit dankbaarheid vir wat Hy vir ons gedoen het, is nie "wetties" nie, dis net doodgewoon die gehoorsaamheid wat 'n onderdanige en dankbare kind aan sy Vader verskuldig is.  In die Skrif word ons net so sterk teen "wetteloosheid" gewaarsku as teen "wettisisme" (vgl Rom 6:19; 1 Joh 3:4).

3.         Omdat daar nie 'n enkele woord in die hele Skrif is wat daarop dui dat ons die Sabbat op die eerste dag van die week (Sondag) in plaas van die sewende dag (Saterdag) mag of moet vier nie.  Daar is ook geen woord of opdrag aan die gelowiges dat hulle die dag van rus en van gemeentesamekomste na die opstanding van Y'shua van Saterdag na Sondag moes verander nie.  Die Messias self het nooit so 'n opdrag aan sy dissipels gegee nie en daarom het hulle na sy opstanding voortgegaan met die gebruik om op die Sabbat (in die sinagoge of elders) bymekaar te kom (vgl. Hand 13:14; Hand 13:42-43; Hand 14:1; Hand 16:13-15; Hand 17:1-2; Hand 17:10-12; Hand 17:17; Hand 18:4; Hand 18:19; Hand 18:24-26; Hand 19:6-8; Hand 22:19; Hand 26:11).  Dis eers later in die geskiedenis dat die onskriftuurlike gebruik van "Sondagheiliging" ontstaan het, hoofsaaklik as 'n doelbewuste poging om radikaal weg te beweeg van gebruike wat as "Joods" bestempel is.

4.         Omdat die hou van die Sabbat nie 'n "Joodse" gebruik of instelling is nie, maar 'n instelling van Yahweh self - bedoel vir almal wat Hom as Skepper en Vader erken.  Die Sabbat word beskryf as 'n "sabbat van Yahweh" (Lev 23:3) en 'n "'n vierdag van Yahweh" (Lev 23:2,4) - nie 'n vierdag van die Jode nie.  In Jes 56:1-8 word die mens en die mensekind - ja ook die "uitlander" - wat die Sabbat hou, as geseŽnd beskou.  In hierdie gedeelte word selfs gesÍ dat die nie-Jood wat die Sabbat hou, sal 'n gedenkteken en 'n naam ontvang wat beter is as seuns en dogters - 'n ewige naam wat nie uitgeroei sal word nie (vers 5).  Y'shua het onomwonde verklaar: die Sabbat is vir die mens (nie: vir die Jode) gemaak (vgl. Mark 2:23-28).  En na die hemelvaart van Y'shua het die nie-Joodse gelowiges, net soos hulle Joodse broers en susters, gereeld op die Sabbat bymekaar gekom (vgl. Hand 13:42-44; Hand 16:13-15).

5.         Omdat dit nie 'n skande is nie, maar 'n eer en 'n voorreg om met die Jode, Yahweh se uitverkore volk, geassosieer te word.  Deur gebruike te hou wat ook deur die Jode gehou word, verheerlik ons nie die Jode nie - ons erken bloot dat daar Joodse wortels in ons geloof ingeweef is waarvan ons nie sommer net na willekeur ontslae kan raak nie.  Die Elohim van Petrus en Paulus is ook die Elohim van Abraham en Moses.  Ons Verlosser is Y'shua, die Messias wat in die gestalte van 'n mens na hierdie wÍreld gekom het - 'n Jood wat uit die Joodse volk gebore is en nooit 'n enkele opdrag of gebod wat sy Vader aan die Joodse volk gegee het, verontagsaam het nie (vgl. Mat 5:17-19).  Deur alles wat enigsins met die Jode te make het, uit ons geloof te probeer uitwerk, verarm ons onsself oneindig baie (dink aan al die beloftes van die Ou Testament) en trek ons 'n streep deur die Skrif wat sÍ die nie-Joodse gelowiges is die wilde olyfboomtak wat op die mak olyfboom (Israel) ingeŽnt word (vgl. Rom 11:17-24).

6.         Omdat dit nooit Y'shua, of enige van die apostels se bedoeling was om die Sabbat in diskrediet te bring nie.  Alhoewel die Joodse godsdienstiges dikwels met die beskuldiging gekom het dat Y'shua die Sabbat ontheilig het, is dit duidelik dat Hy dit nie een enkele keer gedoen het nie.  Die probleem was telkens dat die dinge wat Y'shua op die Sabbat gedoen het (bv. om siekes te genees) nie ingepas het by hulle eie, mensgemaakte reŽls vir die Sabbat nie, maar dat dit nooit in stryd was met die letter en die gees van die wet nie.  Inteendeel, Y'shua wou juis hÍ hulle oŽ moes oopgaan vir die ware betekenis van die Sabbat soos wat die Vader dit van die begin af bedoel het, naamlik dat dit 'n dag is waarin elke mens iets van Yahweh se ware rus - ook in die sin van genesing, verlossing en bevryding - moes ervaar.  Ook Paulus het nooit te kenne gegee dat die Sabbat afgeskaf is nie.  Uit gedeeltes soos Hand 13:14; Hand 14:1; Hand 17:2 en Hand 18:4 is dit duidelik dat hy self die Sabbat nougeset onderhou het - lank na Y'shua se opstanding en sy eie bekering - en in sy briewe  het hy hom altyd vergewis van Y'shua se duidelike waarskuwing dat elkeen wat een van die minste van die gebooie breek en die mense so leer,  die minste genoem sal word in die koninkryk van die hemele (Mat 5:17-19).

7.         Omdat daar vandag oor 'n wye spektrum openlik erken word dat die uitfasering van die Sabbat deur die toedoen van mense plaasgevind het en nie op grond van die Woord van Yahweh nie.

            "Sunday observance, in short, is a pagan tradition which unlawfully entered the Christian Church centuries after the early Apostles died. It has absolutely no Scriptural authority whatsoever!  (David B Loughran)

"You may read the Bible from Genesis to Revelation, and you will not find a single line authorising the sanctification of Sunday. The Scriptures enforce the religious observance of Saturday, a day which we (Catholics) never sanctify." (Kardinaal  Gibbons, 'n Katolieke geleerde, in sy boek: The faith of our Fathers, page 111)

"The observance of the Lord's Day took the place of the observance of the Sabbath not by virtue of the [Biblical] precept but by the institution of the church." (Thomas Aquinas - Katolieke Teoloog)

"The Bible says: 'Remember the Sabbath day to keep it holy.' But the Catholic Church says, 'No, keep the first day of the week,' and the whole world bows in obedience." (Father T. Enright - Rooms Katolieke Priester)

Daar is geen twyfel nie: die Sabbat is 'n dag wat vir die Vader nog steeds baie na aan die hart lÍ.  Gaan ons "buig" voor die tradisies van mense en voortgaan om hierdie dag tersyde te stel, of gaan ons buig voor die Koning van die konings en doen wat Hom behaag en sy Naam verheerlik?