DIE WAARHEID OOR KERSFEES

Kersfees het deur die eeue heen so 'n prominente (en permanente) plek in die harte van families, kerke en gemeenskappe verkry dat dit meer as 'n artikel soos hierdie sal kos om enigsins aan mense se persepsie daaroor te verander.  Omdat die getuienis uit talle bronne oor hierdie saak egter so oorweldigend is, glo ek dat ons nie langer ons o en ons ore en ons monde (soos die drie bekende aapfigure) mag toesluit nie.  In die paragrawe wat volg wil ons die fokus veral op twee aspekte laat val: Eerstens, die buite‑Skriftuurlike getuienis oor Kersfees, met ander woorde dit wat in ensiklopedie en goed gedokumenteerde geskrifte oor die oorsprong van Kersfees ges word en tweedens, die getuienis van die Skrif self.  Elkeen wat hierdie uiteenlopende "getuienisse" oor Kersfees lees, word uitgedaag om teen hierdie agtergrond opnuut oor Kersfees te besin ... en uiteindelik ook te besluit. 

"Kersfees het nie onder die vroegste feeste van die kerk getel nie ... die eerste spore van Kersfees word in Egipte aangetref ..." (Catholic Encyclopaedia, Vol 3, p. 724)

"Daar is geen betroubare tradisie met betrekking tot die dag of die maand van die Messias se geboorte nie.  Keiser Aurelianus van Rome het in die jaar 274 'n heidense fees ingestel ter ere van die geboorte van die "Onoorwinlike Son" ("sol invictus") wat op die 25 ste Desember gevier is.  Die kerk kon later nie hierdie gewilde fees verhinder nie en het besluit om dit te vergeestelik en dit die fees van die geboorte van die "Son van Geregtigheid" ("sol iustitiae") te noem"  (Chambers Encyclopaedia, p. 530)

"Daar kan geen twyfel bestaan nie: die betrokke dag (25 Desember) was deur die heidene as die geboortedag van die Son gevier, voordat die Kerk hierdie 'geboorte' oorgeplaas het" (Sir James Frazer in sy boek "The Golden Bough")

"Om die aanvaarding van die Geloof deur die heidense massas te vergemaklik, het die Kerk van Rome dit gerieflik gevind om die 25e Desember in te stel as die fees van die tydgeboorte van die Messias, om hulle sodoende af te wend van die heidense fees wat op dieselfde dag gevier was ter ere van Mithras of die 'Onoorwonne Son'" (Mario Righetti, 'n gevierde Katolieke liturg, aangehaal deur S. Bacchiochi in sy boek "From Sabbath to Sunday")

"Die sg. 'Yule Log' (die kersfees stomp wat tradisioneel op Oukersaand verbrand word) is die dooie stomp van Nimrod wat as die son-god vergoddelik is, maar deur sy vyande gedood is.  Die kersboom is die gestorwe Nimrod wat weer herleef.  Dit verklaar waarom die 'Yule Log' op oukersaand in die kaggelvuur geplaas word en die kersboom op kersoggend in die plek daarvan aangetref word" ("The Two Babylons" by Alexander Hyslop, p. 97,98)

"Meeste van ons dag se gewilde Kersfees tradisies is gewortel in die antieke gebruike van heidense nasies wat graag die son en die natuur aanbid het.  Die "yule log" en die kersfeesboom berus op die Babiloniese geloof dat die dood van Nimrod deur 'n boomstomp voorgestel word en dat sy herrysenis of herlewing (wat deur die mag van die slanggod Asklepius teweeg gebring word) deur 'n palmboom voorgestel word" (Henry Ward Beecher, predikant en lektor, 1874)

"In 354 nC  het biskop Liberius van Rome bevel gegee om 25 Desember as feesdag te gedenk.  Hy het moontlik op hierdie dag besluit omdat die inwoners van Rome alreeds die Fees van Saturnus, die 'Geboortedag van die Son', op hierdie dag gehou het.  Die Christene is aangemoedig om Christus in plaas van Saturnus te vereer en so die 'Geboortedag van die Seun' (die Lig van die wreld) te vier (The World Book Encyclopedia [1962], "Christmas," p. 416).

Dit bring ons by die getuienis van die Skrif oor Kersfees.  Dit moet uit die staanspoor duidelik gestel word:  Die Skrif rep nie 'n woord oor Kersfees nie.  Die Skrif s nie op watter dag en maand die Messias gebore is nie.  Die Skrif bevat geen opdrag dat die geboorte van die Messias as 'n afsonderlike fees gevier moet word nie (daar is wel opdragte om "Yahweh se feeste" te vier).  Die Skrif bevat geen verwysing na individue of groepe wat spesifiek die geboorte van die Messias gevier het nie (daar is wel heelwat verwysings na individue en groepe wat die voorgeskrewe feeste van Yahweh gevier het).

Dit is hoogs onwaarskynlik dat die geboorte van die Messias op 25 Desember kon plaasvind.  Die Skrif s daar was "herders in dieselfde landstreek, wat in die oop veld gebly en in die nag oor hulle skape wag gehou het" toe Y'shua gebore is (Luk 2:8).  Die meeste Skrifverklaarders is dit eens dat daar in Israel in Desembermaand nie herders "in die oop veld ... in die nag" by hulle skape sal wees nie.  Dit is die winterseisoen met uiters koue en nat toestande in daardie gedeelte van die wreld.  Dit is ook net so onwaarskynlik dat die keiser in die middel van die winterseisoen 'n volkstelling sou uitroep wat sou beteken dat almal in koue, nat weersomstandighede na hulle dorp van herkoms moes reis (vgl. Luk 2:1-5).  Vir Josef en Maria wat van Nasaret af moes kom, sou dit 'n reis van langer as 'n dag beteken.

Alhoewel die spesifieke dag van die Messias se geboorte nie in die Skrif vermeld word nie, is daar tog sekere leidrade in die Skrif wat interessante lig werp op die tydsbepaling van hierdie baie belangrike gebeurtenis.  Ons weet dat die geboorte-aankondiging van die Messias voorafgegaan word deur die geboorte-aankondiging van Johannes die Doper.  Ons lees dat die engel Gabril aan Sagaria verskyn het "terwyl hy besig was om die priesteramp voor Elohim te bedien in die beurt van sy afdeling" (Luk 1:8).  Vroer in die gedeelte word ges dat Sagaria 'n priester uit die afdeling van Abia was (Luk 1:5).  Wat beteken dit?  Volgens 1 Kron 24 is al die priesters in 24 afdelings verdeel.  Elke afdeling moes jaarliks vir 'n periode van twee weke diens doen in die tempel.  Die afdeling van Abia (waartoe Sagaria behoort het) was die diensgroep wat die agste diensperiode van twee weke in die tempel moes waarneem (1 Kron 24:10).  Dit beteken dat hulle waarskynlik verantwoordelik was vir week 15 en 16 na die aanvang van die jaar op 1 Nisan.  Met 'n effense speling na weerskante toe sal hierdie periode min of meer ooreenstem met die begin van Julie volgens ons kalender.  In Luk 1:23,24 lees ons "En toe die dae van sy diens vervul was, het hy huis toe gegaan.  En na hierdie dae het Elisabet, sy vrou, ontvang en haar vyf maande lank verberg..."  Volgens hierdie beskrywing kan ons aanvaar dat Elisabet binne enkele weke (dae?) na die begin van Julie swanger geraak het.  In haar sesde maand van swangerskap het die engel aan Maria verskyn en die geboorte van die Messias aangekondig (Luk 1:26,31,36).  As ons aanvaar dat Maria kort hierna swanger geword het (vgl. Luk 1:39), d.w.s. moontlik in die eerste gedeelte van Januarie, beteken dat die Messias nege maande later in die eerste gedeelte van Oktober gebore kon gewees het.

Ons kan nie verseker s wanneer ons Verlosser gebore is nie, maar as ons die moontlikheid hierbo oorweeg en ons hou in gedagte dat elke ander belangrike Messiaanse gebeurtenis (soos die teregstelling en opstanding van die Messias en die uitstorting van die Afgesonderde Gees) op een van Yahweh se feesdae plaasgevind het, lyk dit na 'n sterk moontlikheid dat die Messias op die Loofhuttefees (wat in September of Oktober plaasvind) gebore kon gewees het.  Dit sou baie sin maak as keiser Augustus sy volkstelling juis so gerel het dat dit saamval met 'n Joodse fees wanneer die meeste Jode in elk geval 'n reis na Jerusalem onderneem.  Johannes beskryf die menswording van Y'shua as volg: "Die Woord het vlees geword en onder ons kom woon..." (Joh 1:14).  Baie Engelse vertalings probeer om die oorspronklike betekenis duideliker na vore te bring en vertaal hierdie vers as volg: "The Word became flesh and tabernacled among us".  Die Loofhuttefees is 'n herinnering aan die dae toe die Israeliete in tente (d.w.s. in tydelike wonings) gebly het en in die tabernakel ('n tydelike aanbiddingsplek) aanbid het terwyl hulle deur die woestyn geswerf het.  Daarom staan hierdie fees in Engels bekend as "The Feast of Tabernacles".   Kan dit dalk wees dat Yahweh in sy wysheid juis hierdie fees gekies het vir die deurslaggewende gebeurtenis van die geboorte van sy Seun wat vir 'n seisoen (van ongeveer 33 jaar) in hierdie wreld sou kom "tabernacle" en onder meer vir ons 'n voorsmakie te kom gee van daardie tyd (in die toekoms) waarvan Openb 21:3 s: "Kyk, die tabernakel van Elohim is by die mense, en Hy sal by hulle woon, en hulle sal sy volk wees; en Elohim self sal by hulle wees as hulle Elohim"?  Dit beteken dat ons nie 'n "nuwe" fees hoef te fabriseer om die geboorte van die Messias te gedenk nie - Yahweh het (heel waarskynlik) self gesorg dat dit saamval met 'n fees wat vir Hom na aan die hart l en wat volgens Sag 14:16-18 selfs nog tot in die toekomstige vrederyk gevier sal word.

Ons het gesien dat daar oorvloedige getuienis uit buite-Skriftuurlike bronne bestaan dat die kerk in die vierde eeu besluit het om die geboorte van die Messias op 25 Desember te gedenk sodat dit kon saamval met bestaande nie‑Christelike feeste waarin heidense tradisies, sondige praktyke en afgodediens 'n deurslaggewende rol gespeel het.  Niemand ontken dit vandag dat die oorsprong van Kersfees deurweek is van sinkretisme ('n vermenging van verskillende godsdienste) en afgodery nie.  Geen wonder dat daar jaar na jaar soveel ellende, padsterftes, sedeloosheid, selfmoordneigings, losbandigheid, onvergenoegdheid en leegheid in huise en gemeenskappe oor die Kersseisoen inkruip nie.  Wat sou ons hemelse Vader dink van so 'n fees?  Kom ons laat die Skrif toe om die finale woord hieroor te s (ons beperk ons tot slegs 'n paar van die talle gedeeltes in die Skrif  waarin Yahweh sy absolute afkeer en verwerping uitspreek oor enige gebruik wat hoegenaamd iets met afgodery te make het):

Jer 10:2-4: "So s Yahweh: Maak julle nie gewend aan die weg van die heidene nie, en skrik nie vir die tekens van die hemel, omdat die heidene daarvoor skrik nie. Want die insettinge van die volke is nietigheid; want 'n boom uit die bos kap hulle om, die handewerk van 'n ambagsman met die byl.  Hulle versier dit met silwer en goud, hulle maak dit vas met spykers en hamers, dat dit nie waggel nie."

Die uitkap en verering en versiering van bome het 'n belangrike rol in baie van die heidense rituele ter ere van hulle afgode gespeel.

Jer 44:17-22: "Maar ons sal ... vir die hemelkoningin  rook ... laat opgaan en vir haar drankoffers (uitgiet) ... en ... vir haar koeke maak ... Toe het Jeremia gespreek met die hele volk ... en ges: "Yahweh kon dit nie langer verdra weens die boosheid van julle handelinge, weens die gruwels wat julle bedryf het nie. So het julle land dan 'n puinhoop geword en 'n voorwerp van verbasing en van vervloeking, sonder inwoners, soos dit vandag is..."

Oor die eeue is die hemelkoningin of "Queen of Heaven" vereenselwig met Semiramis (die vrou van Nimrod), Isis, Juno, Athena, Diana, Venus, Minerva, Rhea, Astarte, Aphrodite, "The Lady", "Madonna", "The Mother" en "The Virgin Mary"!

Eseg 8:13-18: "En Hy s vir my: Jy sal nog ander groot gruwels sien ... Hy het my toe gebring na die noordelike ingang ... van die huis van Yahweh, en kyk, daar het die vroue gesit wat Tammus beween.  En Hy s vir my: Het jy dit gesien, mensekind? Jy sal nog ander gruwels, groter as hierdie, sien. Toe bring Hy my na die binneste voorhof van die huis van Yahweh; en kyk, by die ingang ... was omtrent vyf-en-twintig man. met hulle rug na die tempel van Yahweh en hulle gesig na die ooste, en hulle het hul voor die son neergebuig na die ooste.  En Hy s vir my: Het jy dit gesien, mensekind? ... En kyk hoe hulle die druiwetak by hulle neus hou!  Daarom sal Ék ook in grimmigheid handel; my oog sal nie verskoon nie, en Ek sal nie spaar nie..."

Tammus was die seun van Semiramis, Nimrod wat herleef het, ook genoem die god van die plantewreld, van die onderwreld en van vrugbaarheid.  Die geween van die vroue is simbolies van die poging om Tammus (of Nimrod) te laat herleef en sodoende weer vrugbaarheid teweeg te bring. Die tak wat hulle teen hulle neuse hou was die simbool van onsterflikheid: hulle probeer om die lewendmakende krag van Tammus in te asem en so onsterlikheid te bekom.

2 Kor 6:14-17: "Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, want watter deelgenootskap het die geregtigheid met die ongeregtigheid, en watter gemeenskap het die lig met die duisternis? En watter ooreenstemming het Christus met Bélial, of watter aandeel het die gelowige met die ongelowige? Of watter ooreenkoms het die tempel van Elohim met die afgode? ... Daarom, gaan onder hulle uit en sonder julle af, spreek Yahweh; en raak nie aan wat onrein is nie, en Ek sal julle aanneem."

1 Kor 10:14: "Daarom, my geliefdes, vlug vir die afgodediens."

Die ruimte ontbreek om meer "getuienisse" uit die Skrif op te roep.  Die leser word  aangemoedig om self 'n studie hieroor te maak.  Die belangrike vraag is egter wat ons met hierdie kennis gaan maak.  Gaan ons hiervan kennis neem en voortgaan om jaar na jaar lustig mee te doen aan 'n fees waarvan die Messias nog nooit deel was nie en waarin Hy ook geen begeerte het om deel te h nie?  Of gaan ons die moed aan die dag l om 'n besluit te neem en ons rug te draai op hierdie spektakel wat sekerlik opgeteken kan word as een van die beste voorbeelde van hoedat die wreld oor eeue heen verlei is deur die misterieuse groot Babilon, die moeder van die hoere en van die gruwels van die aarde (vgl. Openbaring 17 en 18 - Is dit toevallig dat die meeste van die heidense "pilare" waarop Kersfees gebou is, van Babiloniese oorsprong is?).  Vir die meeste van ons sal dit uiters traumaties wees om hierdie tradisie (in ons familiekring) te verander, maar as ons Yahweh en sy Woord werklik liefhet, het ons alreeds 'n sterk mandaat om dit te doen ...