DIE 4 DE GEBOD EN DIE GROOT WEERSTAND TEEN DIE SEWENDE DAG


Die vierde gebod is in meeste christelike kringe alombekend: "Gedenk die Sabbatdag dat jy dit heilig. Ses dae moet jy arbei en al jou werk doen; maar die sewende dag is die sabbat van Yahweh jou Elohim - dan mag jy gťťn werk doen nie...". Meeste christene sal saamstem dat die Tien Gebooie nog steeds 'n uitdrukking van die Vader se wil vir sy kinders is. Net so sal hulle toegee dat die Tien Gebooie in meer besonderhede uitspel wat dit beteken om Yahweh bo alles lief te hÍ en jou naaste soos jouself - Y'shua het dit immers self bevestig in die Nuwe Testament (onder meer in Matteus 22:37-40).

En tog, ten spyte van die redelike konsensus oor die blywende geldigheid van die Tien Gebooie as gedragskode vir die lewe van gelowiges, is daar een van die "tien" gebooie wat al geslagte lank deur meeste christene verwerp word. Om een of ander rede (of as gevolg van 'n hele verskeidenheid van redes) dra die vierde gebod vir die meeste christene nie dieselfde gewig en outoriteit as die ander nege gebooie nie. Hierdie ongemaklikheid met die vierde gebod is by tye so ver gevoer dat die Rooms Katolieke Kerk (lank voor die bestaan van enige protestantse kerk) 'n gewysigde weergawe van die Tien Gebooie voorgehou het en die onderhouding van die sewende dag met diť van die eerste dag vervang het. Hierdie verandering kan baie maklik in die geskiedenis nagespeur word en word onder meer weerspieel in die volgende aanhaling uit The Convert's Catechism of Catholic Doctrine, deur Peter Geiermann, bladsy 50: "Question: Why do we observe Sunday instead of Saturday? Answer: We observe Sunday instead of Saturday because the Catholic Church, in the Council of Laodicea (A.D. 336), transferred the solemnity from Saturday to Sunday."

Is daar enige Skriftuurlike regverdiging vir die devaluering of verandering van die Sabbatgebod? 'n Deeglike ondersoek van beide die Ou en Nuwe Testament toon aan dat dit nie die geval is nie. Daar word slegs twee keer in die Nuwe Testament verwys na byeenkomste van gelowiges wat op of omstreeks die eerste dag van die week plaasgevind het. Die eerste is in Joh 20:19 waar ons die volgende lees: "EN toe dit aand was op daardie eerste dag van die week en die deure waar die dissipels vergader het uit vrees vir die Jode, gesluit was, het Y'shua gekom en in hul midde gestaan en aan hulle gesÍ: Vrede vir julle!" Die "daardie eerste dag van die week" waarvan hier gepraat word, is dieselfde dag waarop die dissipels ontdek het dat hulle Meester uit die dood opgestaan het. Hierdie byeenkoms het egter plaasgevind "toe dit aand was", met ander woorde dit was streng gesproke alreeds na die aanbreek van die tweede dag van die week (in die tyd van die Nuwe Testament het die dae nog steeds begin en geŽindig met sonsondergang - soos dit in die res van die Skrif duidelik die geval is). Hierdie byeenkoms het dus in werklikheid nie op die eerste dag van die week plaasgevind nie, maar op die tweede dag van die week! Die rede vir hierdie byeenkoms word ook hier genoem: "die dissipels het vergader uit vrees vir die Jode" - iets wat in die lig van die gebeure rondom die opstanding heeltemal te verstane is. Maar die moontlikheid dat dit 'n byeenkoms was wat die patroon neergelÍ het vir gelowiges om daarna gereeld op die eerste dag van die week bymekaar te kom en selfs die betekenis van die Sabbat na die eerste dag van die week oor te dra, is geheel en al uitgesluit.

Die tweede (en enigste ander) verwysing na 'n moontlike "Sondagbyeenkoms" is in Hand 20:7: "En op die eerste dag van die week, toe die dissipels vergader het om brood te breek, het Paulus hulle toegespreek, omdat hy die volgende dag sou vertrek, en hy het sy rede gerek tot middernag toe." Die eerste opmerking wat ons hier moet maak is dat hierdie byeenkoms in werklikheid ook (grotendeels) op die tweede dag van die week plaasgevind het. 'n Mens kan aanvaar dat die byeenkoms in die laaste gedeelte van die eerste dag van die week begin het (met ander woorde: voor sonsondergang), maar uit die konteks is dit duidelik dat Paulus se rede tot "middernag" geduur het (vers 7) en dat die byeenkoms self tot "dagbreek" aangehou het (vers 11) - dus baie lank na die formele einde van die eerste dag van die week!

Beteken die feit dat die dissipels op die eerste dag vergader het "om brood te breek" dan nie dat dit toe reeds 'n gebruik was om op die eerste dag van die week "nagmaal" te vier nie? Ook hier moet ons ontkennend antwoord: Dit was van die vroegste tye die gebruik van die dissipels om "brood te breek" wanneer hulle ookal bymekaargekom het. Dit was nie 'n "nagmaalgeleentheid" nie (Y'shua het "brood gebreek" by die wonderwerk van die vermeerdering van die brode - Matt 14:19 - en Paulus het "brood gebreek" saam met die Romeinse soldate op die skip wat op pad na ItaliŽ byna gesink het - Hand 27:35) en Hand 2:46 stel dit duidelik dat die vroeŽ dissipels "dag vir dag" brood gebreek het - dus nie net op sekere dae nie. Daar is boonop 'n baie spesifieke rede waarom die gelowiges van Troas in Hand 20 op daardie spesifieke dag bymekaar gekom het, naamlik "omdat hy (Paulus) die volgende dag sou vertrek". Ook hier is dit dus duidelik dat die verwysing na "die eerste dag van die week" hoegenaamd nie 'n aanduiding is dat die vroeŽ gelowiges enige besondere betekenis aan hierdie dag geheg het, ten koste van die Sabbatdag nie.

Wat van die Sabbat? Is daar genoegsame bewyse in die Nuwe Testament dat hierdie dag sy besondere karakter en voorrang bo ander dae behou het - selfs na die opstanding van die Messias? Kom ons kyk na die beskikbare getuienis en neem dan 'n besluit. Die lysie wat hier volg is nie volledig nie en slegs enkele kerngedagtes word uitgelig.